Get Newsletter

'Drom' wil bordjies verhang

Die vonke gaan spat in die Steinhoff Koshuisliga by UJ wanneer die manne van Bastion, huidige voorlopers in die kompetisie, weer vanaand kragte meet met Dromedaris.

Bastion het met 7-0 as wenners uit die stryd getree ná dié twee spanne mekaar anngepak het in die eerste wedstryd van die Steinhoff Koshuisliga.

Dit was ‘n baie fisieke westryd, en vanaand se kragmeting gaan na verwagte nét so hard wees.

Dromdaris se Apiwe Fali het aan varsitycup.co.za gesê dat hulle verwag dat die spel wyd gespeel gaan word.

“Ek dink ook ons het die beste lostrio in die liga hierdie jaar. Ons vaste-vyf het hulself ook goed van hul taak gekwyt tot dusver,” het Fali bygevoeg.

Brett Claasen lei weer vanaand die span. Claasen is ‘Drom’ se woelwater haker met die vermoë om goeie bewegings in drieë te omskep.

Bastion se voorspelers domineer sover in die liga en dit sal interessant wees om te sien of hulle wel besluit om die bal eerder wyd speel as om vorentoe te beur met hulle sterk en fisieke voorspelers.

In die ander westryd in die Eerste Divisie speel Afslaan weer teen Kanniedood. Die manne van Kanniedood sal wil bou op hulle positiewe vertoning teen Oppierif. Afslaan se span sal hulle eer wil herstel nadat hulle verlede week ‘n ordentlike loesing gekry het teen Bastion.

“Ons sukkel met ‘n paar van ons sleutelspelers wat nie kan speel nie weens siekte, maar ek dink ons het nogsteeds die potensiaal om die knoop deur te haak,” het Kanniedood se Francois de Lange aan varsitycup.co.za gesê.

In die Tweede Divisie speel Majuba teen UJ se Onder-19B span en Bastion teen die Chiropractors.

Majuba het ‘n punt om te bewys nadat hulle in hul vorige wedstryd deur ‘n sterk ‘Drom’-span geklop is, terwyl Bastion sal wil voortbou op hulle goeie vertonings tot dusver om die plek bo-aan die punteleer te verseker.

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment