Get Newsletter

Een stap van glorie af vir Armentum

Ná vier oortuigende seges in die 2009 Steinhoff Koshuisrugby Kampioenskap, lê slegs een hekkie nog in die pad van Huis Armentum en beker-glorie.

Die Vrystaters het nou baie momentum opgebou om saam met hom na Stellenbosch te neem waar hy Maandag in die eindstryd teen Dromedaris (UJ) in aksie is.

Afrigter Willem Kruger sê hy glo nie daaraan om aan ‘n wenkombinasie te torring nie, en het dieselfde span as die een wat Maroela in die halfeindstryd 45-26 geklop het, gekies.

Kruger sê hy was ‘n tevrede man ná die Maroela-wedstryd: “Ja dit was ‘n goeie wen en nou sien ons baie uit na die eindstryd.

“Ons werk hard om hierdie een ook te wen want dis ‘n groot eer om in ‘n eindstryd te speel. Ons sal vir 80 minute ons beste gee.”

Kruger sê hy weet nie juis wat om van Dromedaris, die enigste ander onoorwonne span in die kompetisie, te verwag nie. “Al wat ons weet is dat hulle ‘n groot pak voorspelers het. Maar ons konsentreer nie juis op hulle nie.

“‘n Mens speel moes nie dieselfde tipe rugby in ‘n eindstryd nie. Maar ek gaan nie ons gameplan op die webwerf plaas nie,” het hy geskerts.

Volgens hom het Armentum nou baie momentum om die eindstryd mee te benader. “Die wedstryd teen Maroela was bietjie taaier as die ander, maar die wil om ter wen is daar.”

Armentum het in sy halfeindstryd hom by ‘n paar geleenthede skuldig gemaak deur duikslae te verbrou, maar dit gee nie die Armentum-afrigter snags slapelose nagte nie.

“Ek dink ons verdediging was deeglik getoets want Maroela het by tye goed vertoon. Maar ons het goeie verdedigers in ons span en ten spyte van die een of twee duikslae wat ons geslip het, is ek nie te bekommerd nie.”

Nog ‘n aspek wat nie altyd klopdisselboom teen Maroela verloop het nie, was die lynstaanspel. “Jy kan nie elke week jou lynstaanballe wen nie. Dit is wel ‘n aspek waaraan ons hierdie week hard geskaaf het,” het hy gesê.

Nadat die tuisspan Maandag ‘n 39-7 voorsprong opgebou het, het hulle dalk té avontuurlustig probeer speel en die bal baie lug gegee. Dít het uitgeloop op ‘n paar drieë vir die besoekers ná foute deur Armentum.

“Toe ons so ver voor was het die ouens, wat tot op daardie stadium die harde werk gedoen het, dalk bietjie ontspan en te los begin speel wat hulle ‘n paar drieë besorg het vanaf ons foute,” het Kruger gesê.

“Maar ons is nie trots daarop nie en sal dit graag wil regstel.”

Armentum XV: 15 Kobus Neethling, 14 Michael Bosch, 13 Morkel Hoffmann, 12 Jannie Myburgh, 11 Gareth Lourens, 10 Inus Kritzinger, 9 Enrico Schultz, 8 Johnny Schoeman, 7 Dedrik Pretorius (kaptein), 6 Niekie Potgieter, 5 Joubert Horn, 4 Michiel de Wet, 3 Ian Potgieter, 2 Toffie van Tonder, 1 Cobus Greeff.
Plaasvervangers: 16 Herman van der Watt, 17 Chris Mans, 18 Thys-Koch Burden, 19 Mynhardt van der Walt, 20 Pieter van Zyl, 21 Janneman Kotzé, 22 JP van der Berg.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Edinburgh vs Glasgow | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Boks Office | Episode 31 | Investec Champions Cup Review

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

The Backyard Bunch | The USA's Belmont Shore

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

South Africa v France | HSBC SVNS Cape Town 2024 | Men's Final Match Highlights

Two Sides - Behind the scenes with the British & Irish Lions in South Africa | E01

Write A Comment