Get Newsletter

Goeie oorwinning vir Helshoogte

Vrydag 30 Julie het twee van Stellenbos se groot rugby koshuise mekaar aangepak in een van die mooiste wedstryde tot dus vêr hierdie seisoen.

Helshoogte het in die eerste helfte ware sampanje rygby gespeel en reeds die nodige drie drieë gedruk wat hul ‘n bonus punt besorg het.

Met halftyd kon Huis Marais slegs drie punte teenoor Helshoogte se 22 punte aan teken.

Die tweede helfte was Huis Marais ‘n ander span en hul het meeste van die balbesit gehad. Slegte besluite en ‘n paar onnodige hanteerings foute van Helshoogte het veroorsaak dat hul in hul eie kwartgebied geboer het.

Met verdedigings lyne wat enige internasionale afrigter sal trots maak het Helshoogte vir lang tye aanval op aanval  op hul doellyn gestuit. Die skrumskakel van Huis Marais het met goeie voetwerk die verdediging omkant gevang en hul enigste drie vir die dag gedruk. Goeie hantering en besluit nemings van Huis Marais het veroorsaak dat Helshoogte geen punte in die tweede helfte kon aan teken nie.

Die wedstryd was gespeel in goeie gees gespeel, alhoewel die agsteman van Helshoogte koelkas toe gestuur is in die tweede helfte na herhaaldelike oortredings by die losgemaal.

Die finale telling was 22 teenoor 10 vir Helshoogte.

Deur Gerbrand Kriel

ADVERTISEMENT

Join free

O2 Inside Line: All In | Episode 5 | Making Waves

Confidence knocks and finding your people | Flo Williams | Rugby Rising Locker Room

Tackling reasons for drop-out in sport | Zainab Alema | Rugby Rising Locker Room

Krakow | Leg 3 | Day 2 | HSBC Challenger Series | Full Day Replay

Kubota Spears vs Tokyo Sungoliath | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Jet Lag: The biggest challenge facing international sports? | The Report

Boks Office | Episode 39 | The Investec Champions Cup is back

Rugby’s Greatest Rivalry? | New Zealand & Australia | Sevens Wonders | Episode 5

Write A Comment