Get Newsletter

Hou vir Karee dop in 2009

Karee kan hom vanjaar uit die staanspoor in ‘n sterk posisie bevind met presies dieselfde groep spelers as verlede jaar.

‘n Relatief jong span in 2008 is almal dus nou meer ervare en hulle is ‘n span om dop te hou in die Kovsies se 2009 Steinhoff Koshuisliga.

Die afrigter Kenny von Wielligh, wat vyf jaar vir die UV gespeel het, sê hy is baie opgewonde oor die seisoen.

“Ons het goeie spelers wat almal baie gemotiveer is.

“Ons het voor die begin van die liga ‘n paar opwarmingswedstryde gespeel wat basies as proewe gedien het sodat ons op die uiteindelike span kon besluit.

“Dis maar moeilik om op ‘n finale span te besluit met ouens wat gereeld wissel wanneer hulle vir die universiteit se spanne speel.

“Ons het seker so tien spelers wat vir die UV se spanne uitdraf.”

Sleutelspelers sluit in Greame Heyneke (haker) wat ‘n sterk baldraer is, terwyl Kalander le Roux (flank) baie vinnig op enige losbal is.

Hy is ook ‘n goeie verdediger.

Agterlangs is Karee se heelagter, Janro Oelofse, ‘n speler om vanjaar dop te hou.

Hy is lief om teenaanvalle te loods en kan maklik verwoesting saai as hy op die aanval is.

Ook Alec McKenzie is ‘n bobaas-senter.

Cabbie Louw, Luther Olivier en Van Vuuren Matthee (senter en kaptein) is die senior spelers in die groep.

Von Wielligh, wat Karee die tweede jaar brei, word deur Werner Kotzé bygestaan.

Het hy enige oogmerke? “Ons wil vir seker in die vier beste spanne eindig. Enigiets van daar af sal ‘n bonus wees.”

Volgens hom het sy span vanjaar ‘n goeie balans met goeie voor- en agterspelers wat almal hul kant bring.

“Ons konsentreer daarop dat elke speler sy basiese take goed uitvoer. Ek dink ons is nou al ‘n lekker eenheid, aangesien ons al ‘n ruk lank saam speel. Die verwagting in die koshuis is maar hoog, maar so ook ons selfvertroue,” het hy gesê.

Karee, wat die gewese Springbok-losskakel/senter Henry Honiball opgelewer het, het in 2004 laas ‘n beker gewen toe hy die K1-beker verower het. Sedert 2000 het hy ook in 2002 die plaat-trofee omhoog gehou.

Die groep is:

Voorspelers: Tiaan Malherbe, Greame Heyneke, Werner Pretorius, Juan Bekker, Cabbie Louw, Franz Hansek, Corné van Niekerk, Jan-Hendrik Leibrandt, Kalander le Roux, Frans Smit, André de Villiers, SP Visser, Jumbo Oberholzer en Luther Olivier.

Agterspelers: Danie Schoeman, Josua Theron, NW Smit, Inus Jonker, Van Vuuren Matthee (kaptein), Jacques van der Heever, Alec McKenzie, Jaco Carstens, Janro Oelofse en Albrecht Gouritz.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment