Get Newsletter

Maroela reg vir koshuisliga

Maroela, Tuks se verteenwoordiger in die Varsitybeker-koshuisliga, begin Saterdag met hul aanslag op die kampioenskapskroon wat hulle verlede jaar net-net misgeloop.

“Ons het verlede jaar tweede geëindig, wat nie sleg vir die eerste probeerslag was nie. Dié seisoen mik ons egter na die eerste plek omdat ons dié keer presies weet wat om te verwag,” het die afrigter, Etienne van der Merwe, Woensdag gesê aan varsitycup.co.za.

Volgens hom was dit bemoedigend hoe hard die spelers in die af-seisoen gewerk het. ‘n Mens kon reeds met ons eerste oefening van die seisoen sien dat die spelers groter, sterker en fikser as die ooreenstemmende tyd verlede jaar was. Dit bring mee dat Maroela baie beter voorbereid as in 2008 is.

Van Heerden sê die pasfagelope Lyceum-uitklopliga was deeglike voorbereiding vir die Varsitybeker-reeks.

“Die eindstryd teen Sonop was kliphard en ons moes uithaal om te wen. In dié proses is ook ons kopsfiksheid aan ‘n groot vuurdoop onderwerp,” het Van der Merwe bygevoeg.

“Ons sê nooit nee vir ‘n eindstrydsege nie, maar besef terselfdertyd dat daar ook ruimte vir verbetering is. Ons het te veel strafskoppe by die afbreekpunte afgestaan en sal hier baie meer akkuraat moet wees,” meen die Maroela-afrigter.

Maroela se eerste wedstryd is teen die Puk se Over de Voor. Dit vind op Coca-Cola Park in Johannesburg plaas (2.30pm). Dit is die hoofvoorwedstryd vir die Super 14-kragmeting tussen die Lions en Bulls.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Boks Office | Episode 32 | How To Win Europe

Round 12 Highlights | PWR 2024/25

Bristol Bears vs Gloucester-Hartpury | PWR 2024/25 | Full Match Replay

Toshiba Brave Lupus Tokyo vs Kobelco Kobe Steelers | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match

Edinburgh vs Brython | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

Write A Comment