Get Newsletter

Maroela teen Onderstepoort op Tuks

Die eerste spanne van Maroela en Onderstepoort raak op Dinsdag, September 8 slaags in die eindronde van die Winterhuisliga, wat deur Steinhoff gebrog word.

Maroela, die verdedigende kampioen, het in die halfeindronde met Geelhout klaargespeel, terwyl Onderstepoort met Sonop, naaswenner in 2008, afgereken het.

Hoewel Maroela die regte tyd na die hoogste versnelling oorgeskakel het, sal OP steeds as gunstelinge op die veld draf – al is dit bloot omdat hy soveel waardevolle selfvertroue en momentum met ses agtereenvolgende oorwinnings opgebou het.

In die eindstryd van die tweede spanne kruis VOB en EBIT swaarde, terwyl Sonop en Taaibos tot die Onder-20-finaal deurgedring het.

Al die eindstryde word in die LC de Villiers-stadion beslis.

Die wedstrydprogram is:
17.00 – VOB t EBIT (Tweede spanne)
18.00 – Taaibos t Sonop (Onder-20 spanne)
19.30 – Maroela t Onderstepoort (Eerste spanne)

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

USA v Canada | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Americans react to insane rugby hits | No Pads All Studs | Episode 1

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Canada vs Japan | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Fiji v Samoa | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

A generational moment for global rugby | Stronger Than You Think | Special Episode

1 Year to Go: Women's Rugby World Cup 2025

Write A Comment