Get Newsletter

Maties Interkoshuisrugby aan die gang!

Die stryd om die gesogte Steinhoff Maties Interkoshuis Eersteliga titel skop weer Vrydagmiddag in volle swang af. Nadat die spanne ‘n ruskans van meer as twee maande gehad het behoort elke speler uitgehonger te wees om weer ‘n rugbybal in die hande te kry.

Die laaste rondte van wedstryde is op 7 Mei gespeel en dit het ‘n paar verrassings opgelewer. Helderberg het die toe onoorwonne Huis Marais afgeransel met 24-13 en Elsenburg het 10-10 gelykop gespeel teen die sterk span van Medies.

Uitslae soos hierdie wys weereens hoe sterk hierdie liga is en geen span kan dink hulle gaan maklik punte opstapel teen spanne in laer posisies nie.

Na vier wedstryde is Huis Marais en Helshoogte gesamentlik in die eerste posisie op 15 punte. Dagbreek, Medies en PSO Barbarians is gesamentlik derde op 14 punte met Wilgenhof en Simonsberg kort op hulle hakke met onderskeidelik 12 en 11 punte.

Die groot wedstryd om Vrydag dop te hou sal sekerlik die wedstryd tussen Simonsberg en Dagbreek wees. Beide hierdie spanne was semi-finaliste in 2009 en speel in 2010 steeds goeie rugby. ‘n Ander wedstryd wat watertand rugby kan oplewer is die wedstryd tussen Wilgenhof en Eendrag. Na ‘n teleurstellende 2009 seisoen het Wilgenhof die dienste van Jake White as afrigter bekom en soos die seisoen aanstap lyk hulle span elke wedstryd beter.

Die wedstryde skop almal Vrydag om 5nm af en word op die Coetzenburg buitevelde gespeel. Die wedstryd tussen Medies en Kolonieshof word op Medies se velde op die Tygerberg kampus gespeel.

Die volledige bepalings vir Vrydag:
Steinhoff Helshoogte teen Steinhoff Elsenburg
Steinhoff Majuba t Steinhoff Huis Marais
Steinhoff Simonsberg t Steinhoff Dagbreek
Steinhoff Helderberg t Steinhoff PSO Barbarians
Steinhoff Wilgenhof t Steinhoff Eendrag
Steinhoff Medies t Steinhoff Kolonieshof

Punteleer:
(Span, gespeel, gewen, punte totaal, punteverskil)
1. Huis Marais 4, 3, 15, 63
2. Helshoogte 4, 3, 15, 18
3. Dagbreek 4, 3, 14, 32
4. Medies 4, 2, 14, 13
5. PSO 4, 3, 14, 12
6. Wilgenhof 4, 2, 12, 18
7. Simonsberg 4, 2, 11, -16
8. Helderberg 4, 2, 9, -2
9. Eendrag 4, 1, 5, -5
10. Majuba 4, 1, 5, -27
11. Elsenburg 4, 0, 3, -28
12. Kolonieshof 4, 0, 0, -78

Deur Abrie van Zyl

ADVERTISEMENT

Join free

Boks Office | Episode 32 | How To Win Europe

Round 12 Highlights | PWR 2024/25

Bristol Bears vs Gloucester-Hartpury | PWR 2024/25 | Full Match Replay

Toshiba Brave Lupus Tokyo vs Kobelco Kobe Steelers | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match

Edinburgh vs Brython | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

Write A Comment