Get Newsletter

Steinhoff se 'Baa-baas' plan

‘n Nuwe inisiatief deur Steinhoff-Internasionaal om koshuisrugby nog meer glans te gee is onlangs begin.

Elke week word ‘n vorm-span uit al die koshuise se eerste spanne, wat die betrokke naweek in aksie was, gekies.

Die span, bekend as die Barbarians, word op ‘n Donderdag deur al die koshuise se huiskomiteelede (HK’s): sport gekies en dien as ‘n beloning vir die spelers wat uithalerspel die vorige week gelewer het.

Slegs spelers wat nie vir ‘n UV-span gekies word nie, word vir hierdie span in aanmerking geneem.

Spelers wat minder as drie wedstryde die betrokke jaar vir ‘n UV-span gespeel het, kan wel in aanmerking kom.

Volgens Mnr. Rocky le Roux, rugbybestuurder by Kovsiesport, is die doel hiervan om spelers te beloon wat gereeld goeie rugby speel.

“Elke outjie het nou iets om voor te speel. Aan die einde van die jaar gaan daar ‘n span gekies word wat teen ‘n gekombineerde Kovsiespan gaan speel. Die spelers gaan kleredrag en ‘n hele kit by Steinhoff kry wat hulle dan ná die wedstryd kan hou,” het hy gesê aan varsitycup.co.za.

Die jongste Barbarian-span wat Donderdag gekies is, verskil in vyf posisies van die een die week vantevore. Twee nuwe senters, Nielbert Kitching (Heimat) en Matthee van Vuuren (Karee), tel onder die vormspelers.

Ironies was albei in die eerste week se Barbarian-span. Op losskakel neem Stefan Terblanché (Armentum) oor by Nico van Zyl van Tswelopele.

Ook twee nuwe slotte bevind hulle in die span. Gielie Lutter van JBM en Armentum se Dederik Pretorius is beloon vir hul goeie spel van voorverlede naweek.

Vyf spelers, Jean Goosen (vleuel, JBM), Darren Bouwer (Tswelopele), Maurice Ambrose (Heimat), Kalander le Roux (Karee, almal losvoorspelers) en Johan van Niekerk (stut, JBM), was almal tot dusver vir al drie Barbarian-spanne gekies, wat getuig van voordurende goeie vorm.

Die span is: 15 MJ Els (Landbou), 14 Neethling Uys (Heimat), 13 Nielbert Kitching (Heimat), 12 Matthee van Vuuren (Karee), 11 Jean Goosen (JBM), 10 Stefan Terblanché (Armentum), 9 JP van den Bergh (Armentum), 8 Darren Bouwer (Tswelopele), 7 Maurice Ambrose (Heimat), 6 Kalander le Roux (Karee), 5 Gielie Lutter (JBM), 4 Dederik Pretorius (Armentum), 3 Johan van Niekerk (JBM), 2 Cobus van der Westhuizen (Vishuis), 1 Gert Oosthuizen (Landbou).

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Edinburgh vs Glasgow | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Boks Office | Episode 31 | Investec Champions Cup Review

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

The Backyard Bunch | The USA's Belmont Shore

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

South Africa v France | HSBC SVNS Cape Town 2024 | Men's Final Match Highlights

Two Sides - Behind the scenes with the British & Irish Lions in South Africa | E01

Write A Comment