Get Newsletter

UJ se Bastion reg vir 2010

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Bastion Manskoshuis begin Maandag, Februarie 22 op die Fanie du Toit sportsgronde in Potchefstroom hul aanslag op die 2010 Steinhoff Koshuisliga-titel.

Steinhoff Bastion het vir díé kompetisie gekwalifiseer toe hulle Dromedaris met 3-0 geklop het in die UJ se 2009 Steinhoff Koshuisliga. Die manne van Steinhoff Bastion neem deel in die Noordelike groep van die kompetisie en sal die jaar teen Steinhoff Villagers (Pukke), Steinhoff Maroela (Tukkies) en Steinhoff Patriot (TUT) te staan kom.

Hul eerste wedstryd teen Steinhoff Villagers skop om 17h00 af en dien as voorwedstryd vir die Varsitybeker stryd tussen Pukke en die UJ. Albei díe spanne is nuwelinge in die Steinhoff Koshuisliga-reeks, ná hulle onderskeidelik as 2009 Koshuisliga wenners gekroon is.

Steinhoff Bastion se kaptein en spanbestuurder, Marius ‘Snoek’ Burger, het aan varsitycup.co.za gesê “ons het groot hoop vir die jaar se kompetisie. Ek kan nie op díé stadium kommentaar oor die ander spanne lewer nie, maar ons sal elke wedstryd vat soos dit kom”.

Die span het vanjaar die hulp van Curriebeker-veteraan Tobie Kirkham gekry om te hand by te sit met voorbereiding. Kirkham het in 100 Curriebeker-wedstryde vir onderskeidelik Noord Transvaal en die Vrystaat gespeel. “Hy help ons baie met ons voorbereiding om seker te maak dat ons in goeie kondisie is,” het Burger gesê.

Mnr. Adrian Carter, Bastion se koshuisvader, is in beheer van die span se fiksheid en sal sorg dat die manne se asem nie op raak nie. Burger sê ook “ons oefen hard en doen Vrydae bleep toetse by Mnr. Carter om te sorg dat ons fiksheid op die regte vlak is”.

Slegs twee spelers wat van die span wat Dromedaris in verlede jaar se Koshuisliga geklop het, is nie weer beskikbaar om te speel nie. Skroef Fourie het by die Sharks Academy aangesluit en Fahjar Potgieter het sy kursus voltooi en die besigheidswêreld betree.

Verlede jaar se kaptein, Bernardus ‘Nog’ Esterhuizen, is ook deesdae ‘n besige man en sal van die bank af begin. “As ‘Nog’ opkom is dit net so goed ons speel met twee kapteins. Hy het baie ondervinding en sal leiding vat,” sê Burger.

Steinhoff Bastion speel Maandagaand teen Dromedaris in die eindstryd van die UJ Uitklopliga gespeel. Díé wedstryd sal as voorwedstryd dien vir die Varsitybeker stryd tussen UJ en Maties.

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment