Get Newsletter

Villagers wil die Voor-tou neem

Ná ‘n teleurstellende 2009 Steinhoff Koshuisliga-kompetisie vir die NWU-Pukke se Over de Voor, is die hoofafrigter van Steinhoff Villagers vasbeslote om dinge vanjaar om te swaai in Potchefstroom.

Over de Voor kon verlede jaar net een van sy drie wedstryde in die Steinhoff Koshuisliga wen en kon in die Pukke se plaaslike koshuisliga ook nie verder as die helfeindstryd vorder nie waar hulle deur Villagers uitgeskakel is. Laasgenoemde het De Wilgers in die eindstryd geklop om die eerste maal sedert 2005 die liga in te palm.

Volgens Sias van Rensburg, hoofafrigter, het die spelers hul eie buiteseisoen program gevolg en oefen die groep reeds vanaf middel-Januarie saam.

Hy en sy mede-afrigter Jan van Zyl is albei in hul derde seisoen by Villagers betrokke.

“Steinhoff Villagers is baie geëerd om die Pukke te verteenwoordig en al die manne is baie entoesiasties en oefen doelgerig om sukses te behaal. Ons speel Maandag teen die Ouk se o.21-span en sal daarna op ‘n oefengroep besluit.”

Villagers begin hul aanslag met ‘n tuiswedstryd in die Fanie du Toit Stadion teen Steinhoff Bastion van die Universiteit van Johannesburg.

Hul volgende twee wedstryde teen die koshuisspanne van Pretoria (Steinhoff Maroela van Tukkies en Steinhoff Patriot van TUT) is albei wegwedstryde. Hulle kan veral ‘n strawwe wedstryd teen Maroela verwag.

Laasgenoemde het in 2008 se eerste kompetisie tot in die eindstryd gevorder en is die enigste koshuisspan wat aan al drie reekse sal deelneem.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment