Get Newsletter

Vishuis: Hier om te wen!

Vishuis het dit die afgelope paar jaar nie altyd maklik gehad in hierdie Steinhoff Koshuis liga nie en kon verlede jaar die eerste keer in die nuwe millennium ‘n beker wen toe hy die plaat met sy sege oor Karee (34-17) in die plaat-eindstryd ingeoes het.

Hannes Lombard, Vishuis se sport-HK, sê die span het geen spesifieke doel vir die seisoen nie.

“Jy speel mos maar om te wen. Ons het min of meer dieselfde groep as verlede jaar en sal op ons derde plek van 2008 wil verbeter.”

Volgens Lombard heers daar ‘n gees van opwinding in die koshuis oor die vooruitsig om vanjaar te verbeter.

“Ons wil voortbou op verlede jaar se seisoen. Die Steinhoff-koshuiskampioenskap is vir ons ook ‘n groot motivering om goed te presteer.

“Ons het vanjaar so drie of vier spelers verloor. Veral Anton Jacobs (losskakel) se vertrek het seergemaak.

“Hy was ‘n gehalte-speler wat moeilik vervang gaan word,” het Lombard gesê.

Vishuis behoort ook aansienlik versterk te word ná die tweede ronde met Marlin Ruiters (skrumskakel) en Jaco Colyn (skrumskakel/losskakel) – twee Shimlas spelers – wat dan moontlik vir hom beskikbaar kan wees.

Daniël Muller (losvoorspeler) en Bennie Pretorius (vleuel) is twee van die nuwelinge wat baie belofte toon. Hendri van Niekerk (voorry) en Eddie Coetzer (skrumskakel) is van die ander nuwe gesigte in die span.

Vishuis beskik vanjaar oor ‘n goeie skrum en sy vaste-fasette kan een van sy sterk punte wees.

Gerhard Meyer, Vishuis se slot en kaptein, sê hulle wil vanjaar probeer om die volle 80 minute lank te speel.

“Ons het dit nie verlede jaar altyd gedoen nie en dit het ons duur te staan gekom.

“Ook ons stelskoppe pale toe sal baie moet verbeter. Ek is ‘n bietjie bekommerd hieroor.”

In Vishuis se eerste kragmeting teen JBM is altesaam vyf skoppe pale toe verbrou.

Lombard sê hulle het goeie diepte in vergelyking met verlede jaar.

Met die uitsondering van ses spelers, speel al die eerstejaars vanjaar rugby.

Die Vishuis groep is:

Voorspelers: Marco van Wyk, Martin Ferreira, Christo Kleynhans, Jan Momberg, Cobus van der Westhuizen, Eben van Zyl, Gerhard Meyer (kaptein), Hendri van Niekerk, Jaco Lamprecht, Charl du Toit, Stefan Raubenheimer en Daniël Muller.

Agterspelers: Willem Conradie, Eddie Coetzer, Bennie Pretorius, Dries Ludeke, Waldo Lategan, Waldo Krogh, Mitch Whyle, Johan Brune, Leroy Abrahams, Schalk Malherbe en Lunga Mateza.

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment