Get Newsletter

Vishuis soek Armentum se titel

Steinhoff Vishuis is oorgehaal om nie net mededingend in die 2010 Steinhoff Koshuisliga te wees nie, maar om die titel te buit.

Die Kovsie-span het vir die kompetisie gekwalifiseer deur verlede jaar vir die eerste keer sedert 1983 as die Universiteit van die Vrystaat se beste rugbyspan gekroon te word Vishuis begin hul aanslag op Februarie 22 met ‘n wegwedstryd teen Steinhoff Dagbreek van Maties in die Danie Craven Stadion in Stellenbosch.

Dagbreek maak sy terug na die kompetisie ná hy in 2008 in George die beker omhoog gehou het. Die Steinhoff Koshuisliga was daardie jaar vir die eerste maal aangebied. Dit was toe in dieselfde formaat as vanjaar gespeel, maar net oor ‘n baie korter tydperk.

Vishuis se ander twee groepwedstryde is albei tuis teen die Steinhoff Tornadoes (Ikeys) op Maart 1 en Steinhoff Madibaz van NMMU twee weke later (Vishuis het ‘n loslootjie op die 8ste). Tornadoes en die Madibaz maak soos Vishuis hulle debuut in die kompetisie.

Vishuis het die afgelope naweek met twee spanne teen die klubspanne Welkom Rovers gespeel wat ook as proewe gedien het en vir afrigter Jan Earle ‘n goeie aanduiding gegee het hoe sy span kan lyk.

“Ons wou almal ‘n regverdige kans om ‘n kleim af te steek en om al die moontlike kombinasies te toets,” het hy gesê. “Dit was ook ‘n goeie proeflopie vir die spelers om hul wedstrydfiksheid op standaard te kry.”

Earle sê hy sien baie uit na die kompetisie, veral weens die kwaliteit spelers tot sy beskikking. Vishuis het heelparty spelers wat verlede jaar vir Vrystaat se o.19-span gespeel wat die nasionale kompetisie verower het.

En ‘n speler soos Niel Kapp (losvoorspeler) het in 2008 vir die Suid-Afrikaanse skolespan uitgedraf.

“Ek is baie bevoorreg om met ‘n klomp hardwerkende talentvolle seuns te werk. Die wedywering om die span te haal is baie groot en haal die beste uit die jongmanne. Die spangees is baie goed,” sê Earle.

Earle het onder andere vir Dr. Derek Coetzee, voormalige kondisioneringshoof van die Springbokke, betrek wat die manne in die gimnasium bystaan. “Ons het soggens ‘n gymsessie en smiddae is ons op die oefenveld. Ek glo en vertrou dat hierdie span baie goed gaan doen,” het hy bygevoeg.

Vishuis se oefengroep is:

Voorspelers: Elandré Hugget, Niel Kapp, Jaco Lamprect, Charl du Toit, Cobus van der Westhuizen, Eben van Zyl, Henry van Niekerk, John-Henry Harris, Jos de Klerk, JP van Rooyen, Micheal van Vuuren, Gerhard Meyer, Ryno Fourie, Stefan Smit, Weich Morrison, William Clift.

Agterspelers: AJ Coertzen, Erick Colyn, Enrico Acker, Barend Landman, Bennie Pretorius, Beyers Louw, Leroy Abrahams, Riaan du Toit, Ulrich Carshagen, Francios van Straaten, Waldo Lategan, Willem Conradie.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment