Get Newsletter

Hoffmann op losskakel vir Maties?

Conrad Hoffmann, wat verlede jaar genoem is as ‘n moontlike langtermyn-oplossing vir Westelike Provinsie in die No.10 trui, gaan waarskynlik nou vir die tweemalige kampioen Maties op losskakel uitdraf in Maandag se FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International aksie.

Hoffmann het in albei die Maties se wedstryde vanjaar nog in die No.9 trui uitgedraf, maar dit blyk te wees dat hy die No.10 sal wees wanneer die Stellenbosch-studente Maandag na Johannesburg reis – waar Maties teen UJ in die derde rondte te staan sal kom.

“Hayden Groepes gaan waarskynlik Maandag nie (teen UJ) kan speel nie,” het FNB Maties se hoofafrigter Chean Roux gesê aan varsitycup.co.za.

“Gelukkig het ons ‘n speler soos Conrad wat kan instaan, en boonop is dit waar die WP wil hê hy moet speel. Ons gaan egter dalk ‘n dubbele terugslag beleef, aangesien Dabeon Draghoender ook met ‘n besering sukkel.”

Daar is egter ook goeie nuus vir Roux, met die onthulling dat die aangewese kaptein vir 2010, Cameron Peverett, oor so ‘n week weer reg sal wees vir Varsitybeker aksie.

Die losvoorspeler, Peverett, moes weens ‘n rib-besering gedurende die eerste twee weke die aksie van die kantlyn af dophou, maar hy gaan vir Stellenbosch teen George Rugbyklub in ‘n vroiendskaplike wedstryd uitdraf, met die doel om in Week Vier sy terugkeer te maak.

“Cameron het nog nie genoeg kontak-oefening gehad nie, maar indien hy hierdie naweek se toets slaag, dan sal ons hom aanstaande week vir die wedstryd teen die Pukke oorweeg,” het Roux verduidelik.

Die Maties se Week Drie Varsitybeker-wedtryd teen UJ, aanstaande Maandag in die UJ Stadion, sal om 6.30nm afskop.

Deur Jan de Koning

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment