Get Newsletter

Varsity Cup-aansporing vir SA Universiteite

Die Suid-Afikaanse Universiteitespan het ‘n baie welkome inspuiting ontvang met die nuus dat hulle deur Varsity Cup geborg word vir hul twee wedstryde teen ‘n kollegiale span van die VSA.

SA Universiteite sal wedstryde teen die 2009 Kollegiale All-Americans speel op Woensdag 5 Augustus en Saterdag 8 Augustus. Met die borgskap van die FNB Varsity Cup, wat deur Steinhoff International aangebied word, kan hierdie sterbelaaide groep aan almal wys presies hoeveel talent daar in Suid-Afrikaanse rugby is.

Die Varsity Cup – wat sedert sy stigting in 2008 so ‘n ingrypende impak op die plaaslike rugbytoneel gehad het – het homself daartoe verbind om die koste via sy borgskap vir hierdie wedstryde, wat in Stellenbosch en Kaapstad gespeel sal word, te dra. Laasgenoemde as ‘n voorwedstryd vir die Drienasiewedstryd op Nuweland.

Van die 25 spelers wat gekies is om uit te draf teen die Amerikaanse Kollegialespan, was 23 betrokke by die 2009-Varsity Cupreeks. Die twee Fort Hare-spelers in die span, Sokana Mokana en Ziniko Dumaphi, sou betrokke gewees het by promosie/relegasiewedstryde gedurende 2008, asook in ‘n openingswedstryd op die eerste dag van hierdie seisoen se Varsity Cup.

“Dit was ‘n natuurlike progressie vir die Varsity Cup om in die SA Universiteitespan te belê, aangesien al hierdie spelers reeds op die een of ander manier ‘n voorsmakie gehad het van Varsity Cup-rugby. Nou het hulle die geleentheid om na die volgende vlak op te skuif,” sê die voorsitter van Varsity Cup, Francois Pienaar.

“Vanuit ons perspektief gesien, is dit altyd ‘n goeie belegging om vir spelers wat dit verdien, geleenthede te bied. Ons is baie opgewonde oor ons betrokkenhied by hierdie twee wedstryde en by die SA Universiteitespan as geheel.”

Mervyn Green, SA Rugby se bestuurder van jeugrugby, het bygevoeg: “Die vennootskap tussen SA Rugby en die Varsity Cup neem nog ‘n reuse-stap vorentoe met hierdie aankondiging. Ons glo hierdie vennootskap is uiters belangrik om bykomende rugsteuntalent aan die onderskeie provinsiale strukture in Suid-Afrika te voorsien.”

Agt Matie-spelers is in die span van 25 lede opgeneem en hul mentor wat reeds twee maal die Varsity Cup-reeks gewen het, Chean Roux, sal die afrigtingsleisels oorneem. Hy verdien dit deur en deur.

Roux sal bygestaan word deur Tukkies se Freddie Grobler en Fort Hare se Xolofile Dakushe. WP-agterlynafrigter, Robbie Fleck, is nie beskikbaar nie as gevolg van Curriebekerverpligtinge. Die hoofafrigter moet nog sy kaptein aanwys ten spyte daarvan dat hy kan kies tussen Maties se Wesley Wilkins en Pukke se Willem van der Wal.

“Om ‘n gehaltespan soos hierdie af te rig is ‘n eer en ‘n uitdaging,” het Roux gesê, wat oor die jare heen baie sukses behaal het as die hoofafrigter van die Matiespan.

“Ek is baie opgewonde oor die potensiaal van hierdie span en ek dink dit sal interessant wees om te sien hoe hull sal opweeg teen sommige van die provinsiale spanne in Suid-Afrika.”

Benewens die agt spelers van Stellenbosch wat in die span ingesluit is, het UJ en Pukke albei vier spelers in die groep, UK drie spelers, Shimlas en Fort Hare albei twee spelers elk, en Tukkies en NMMU elkeen een speler.

Die 2009 Varsity Cup-Speler van die Toernooi, Matieskrumskakel Donald Stevens; -Voorspeler van die Toernooi, Pukke se No.8 Willem van der Wal; en -Agterspeler van die Toernooi, UK se Therlow Pietersen, is almal ingesluit in hierdie opwindende SA Universiteitespan van 25 spelers.

Die SA Universiteitespan:

Voorspelers:
Willem van der Wal (Pukke, No.8)
Jonathan Adendorf (Maties, flank)
Wesley Wilkins (Maties, flank)
Cameron Peverett (Maties, flank)
Sokana Mokana (Fort Hare, losvoorspeler)
Martin Muller (UK, slot)
Jaco Nepgen (Maties, slot)
Rob Andrew (UJ, slot)
Lourens Adriaanse (Maties, stut)
BG Uys (Pukke, stut)
Jaco Koch (Pukke, stut)
Pierre Hammond (NMMU, stut)
Stoffel Duvenhage (Pukke, haker)
Edgar Marutlulle (UJ, haker)

Agterspelers:
Therlow Pietersen (UK, heelagter)
Earl Lewis (UJ, heelagter)
Clayton Blommetjies (Tukkies, vleuel)
Ziniko Dumaphi (Fort Hare, vleuel)
Morné Jooste (Maties, vleuel)
Cameron Jacobs (Shimlas, senter)
Paul Bosch (Maties, senter)
Matthew Rosslee (UK, losskakel)
André Smith (UJ, losskakel)
Donald Stevens (Maties, skrumskakel)
Marlin Ruiters (Shimlas, skrumskakel)

SA Universiteite-wedstryde (teen Kollegiale All-Americans):
Woensdag, 5 Augustus – Danie Craven-stadion, 21:00
Saterdag, 8 Augustus – Nuweland-rugbystadion, 15:00

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment