Get Newsletter

Blikkies: 'Dissipline 'n tekortkoming'

Swak dissipline is FNB Tuks se grootste enkele tekortkoming en die rede waarom die Universiteit van Pretoria steeds na sy eerste Varsitybeker-sege van die 2010 seisoen soek, meen Blikkies Groenewald, tegniese direkteur van TuksRugby.

“Ons het in die wedstryde teen sowel FNB Pukke as FNB UJ gewys dat ons oor die kuns beskik om geleenthede te skep en drieë te druk.

“Aan die ander kant staan dit ook soos ‘n paal bo water dat ons ook ons eie grootste vyand is omdat ons te veel drieë op ‘n skinkbord prysgee. Ons gebrek aan dissipline is eweneens onverskoonbaar,” het Groenewald gesê aan varsitycup.co.za.

In dieselfde asem het hy egter ook bygevoeg dat daar geen rede tot paniek is nie, al is Tuks derde laaste op die puntelys ná twee wedstryde.

“Ons het ‘n sterk span wat nog nie in een wedstryd naastenby na sy volle potensiaal gespeel het nie,” meen Groenewald.

“Ons het byvoorbeeld teen sowel Pukke as UJ met rukke en stote gespeel, maar kon albei dié wedstryde net sowel gewen het. Dit maak ‘n mens opgewonde oor wat die dag gaan gebeur wanneer Tuks op al die suiers vuur.”

Ook Hugo van As, hoofafrigter van FNB UJ, meen dis net ‘n dwaas wat Tuks sal afskryf. “Baie water moet nog in die see loop,” het hy gesê.

“Tuks is beduidend beter as wat die puntelys aandui en ek voorsien dat hulle die volgende twee weke (teen onderskeidelik TUT en NMMU) sterk op die voorgrond sal tree,” het Van As bygevoeg.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment