Get Newsletter

Gemengde gevoelens vir Grobler

Freddie Grobler, FNB Tuks se hooafrigter, het gemengde gevoelens oor sy span se vertoning teen die FNB TUT Vikings gisteraand.

FNB Tuks was met 40-32 baas, nadat hulle ‘n groot deel van die wedstryd agtergeloop het.

“Die belangrikste is dat ons gewen het,” het hy aan varsitycup.co.za gesê.

“Ons spelgrafiek toon dus ‘n opwaartse kurwe nadat ons teen die FNB Pukke verloor en toe teen FNB UJ gelykop gespeel het. Niemand behoort in elk geval oor ‘n oorwinning te kla nie, hoe krom en skeef ook al.”

Die Tuks-breier was beïndruk met die spel wat Justin van Staden (vleuel) en Shaun Davids (losskakel) gelewer het.

Van Staden het met al tien skoppe pale toe geslaag en ‘n persoonlike bydrae van 27 punte gelewer.

“Justin is net 20, maar hy het iets wat ‘n mens nie kan afrig nie: grootwedstryd-temperament. Dit maak hom die X-faktor waarna baie afrigters naarstiglik soek.

“Wat Shaun betref, was dit sy beste wedstryd van die seisoen. Hy was onder groot druk, maar het sonder twyfel gewys waarom hy die eerste keuse op losskakel is.”

Grobler het toegegee dat Tuks se vertoning in die eerste helfte onaanvaarbaar was.

“Sleutelspelers was in die eerste 40 minute skuldig aan swak besluitneming en ons dissipline weer nie na wens nie,” het Grobler gesê.

“Daar was ‘n ooglopende gebrek aan passie – so asof die spelers nie vir die wedstryd opgedaag het nie. Gelukkig het ons ons-self reggeruk en sterk geëindig, want uiteindelik deurslaggewend was.”

Grobler het bygevoeg dat FNB TUT al die eer verdien wat hulle toekom. “Dit was myns insiens een van hul beste vertonings nóg. In die eerste helfte het hulle onder groot druk geplaas en tot foute gedwing.”

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment