Get Newsletter

Groot kans vir Shimlas

‘n Gulde geleentheid wink vandeesweek vir die Shimla-rugbyspan om verlore aansien te herwin.

Die top-universiteitsspanne is van vandag in Johannesburg in die jaarlikse Universiteite-Sport Suid-Afrika (Ussa) se rugbytoernooi slaags.

Die eindstryd word Vrydag op die Universiteit van Johannesburg se velde beslis.

Shimlas het ‘n teleurstellende Varsitybeker-kompetisie vroeër vanjaar beleef deur onder meer op sy eie werf teen die Varsitybeker kampioen, Maties, pakslae te kry.

Vanoggend (Sondag) kom hy teen die Maroentruie te staan en sal graag daardie loesing wil wreek. Deur die toernooi te wen sal die Shimlas ook heelwat aansien herwin – al is meeste van die spanne sonder klomp van sy topspelers.

Die Vrystaat-studente het goed op die Ussa-toernooi in die laaste klompie jare gevaar deur dit in 2007 (op sy eie werf) en 2008 in Durban te wen.

Hy word soos verlede jaar deur die senter Wayne Stevens (bo, regs) aangevoer.

Maar slegs sewe spelers van verlede jaar se Shimla-groep wat in Durban geseëvier het, is weer beskikbaar.

Die Shimla-groep is:

Voorspelers: Arné Grobbelaar, Boer van Niekerk, André Tredoux, Kallie Erasmus, Pieter Labuschagné, Jos de Klerk, Sybrandt Mostert, Wilken Heyns, Willie Britz, Drew van Coller, Ian Potgieter, Graham Heynecke, JC van Wyk, Roelof Koorsen, Charles Marais.

Agterspelers: Alec McKenzie, Beast Ndwandwa, Cameron Jacobs, Hoffman Maritz, Wayne Stevens (kaptein), Shagan Windvogel, Anthony Jevu, Rynardt Erwee, Franna du Toit, Marlin Ruiters, Jacques Roberts.

Afrigter: Jaco Swanepoel
Hulpafrigter: Dougie Heymans
Spanbestuurder: Rocky le Roux

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment