Get Newsletter

'Laaste 15 minute teleurstellend'

Buiten ‘n vrot laaste 15 minute, waarin die FNB Shimlas van hul spelpatroon afgewyk is, het die span se kaptein – Wayne Stevens – nie veel klagtes nie. Shimlas het, natuurlik, Maandagaand op sy tuisveld in Bloemfontein 37-31 oor die FNB TUT Vikings geseëvier.

Shimlas was met agt minute se speeltyd oor reeds verseker van hul sege, maar die twee drieë wat die tuisspan daarna afgestaan het, het Wayne Stevens, Shimla-leier, rooi laat sien.

“Ons is happy met die vyf punte wat ons verdien het – dit was ons doelwit gewees. Maar die ouens was agterna teleurgesteld in ons verdediging gewees en dat ons nie ‘n hoë tempo kon handhaaf nie,” het Stevens aan varsitycup.co.za gesê.

“Dis ook jammer ons het daardie laaste 15 minute ophou speel en toegelaat dat hulle (TUT) twee keer gaan druk het,” het hy bygevoeg.

Stevens sê aan die positiewe kant tel die Vrystaters wat vir ‘n groot deel van die wedstryd by hul struktuur gehou het. “Die vaste fasette was ook goed.

“Ek dink ons het uitstekend geskrum. Dit was maar ‘n los tipe wedstryd en toe hulle teen einde die bal verwoed begin rondgooi het, is ons dalk daarby ingetrek.”

Volgens hom sal baie klem vandeesweek op verdediging in die oefeninge gelê word.

“Ons sal graag teen Tukkies (Maandag in Pretoria) ons speltempo wil lug, want dis een van ons sterkpunte om die bal vinnig oor die veld te versprei,” het hy verduidelik. “Ons taktiese skopwerk sal ook goed moet wees.”

Hy dink nie Tukkies se groot nederlaag (17-64) Maandag teen Maties sal die Pretoria studente se selfvertroue te veel knou nie: “Hulle moet in alle geval oor ons seëvier en Tukkies sal steeds dink hulle kan ons klop.

“Maar ons is ook vol selfvertroue dat ons teen hulle kan wen, want dis vir albei spanne ‘n uiters belangrike kragmeting.”

Oor sy nuwe losskakel aan sy binnekant (Jaco Colyn wat van skrumskakel na losskakel geskuif het), sê Stevens dit was aan die begin van die Vikings-wedstryd bietjie ontwrigtend.

“Maar namate die wedstryd gevorder het het ons al meer gemaklik met mekaar geword. Vir my was dit maar net ‘n aanpassing in die tipe lyn wat Jaco hardloop, want hy en Reinhardt [Erwee, vorige losskakel wat nou heelagter speel] speel baie verskillend.

“Ek glo Jaco sal net beter word hoe meer gereeld hy daar speel,” het Stevens, ‘n binnesenter, bygevoeg.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Edinburgh vs Glasgow | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Boks Office | Episode 31 | Investec Champions Cup Review

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

The Backyard Bunch | The USA's Belmont Shore

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

South Africa v France | HSBC SVNS Cape Town 2024 | Men's Final Match Highlights

Two Sides - Behind the scenes with the British & Irish Lions in South Africa | E01

Write A Comment