Get Newsletter

Meer veranderinge vir FNB Tuks?

Die kans dat FNB Tuks die eerste keer dié seisoen ‘n onveranderde vyftiental in die veld sal stoot, is skraal.

Die aanduidings is trouens dat die FNB Tuks-keurders tot nege veranderinge aan die beginspan kan aanbring vir volgende Maandag se wedstryd teen FNB NMMU in die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International.

Die meeste veranderinge behoort beseringsverwant te wees. In die voorry sal Musa Tukela (loskopstut) en Chris Crous (haker) weens ligte skouerbeserings nie oorweeg word kan nie. Dit lyk of hulle deur onderskeidelik deur die veteran Ettienne Breytenbach en Robbie Coetzee vervang sal word.

Met die sterkman Peet Vorster wat deur die Blou Bulle se o.21-afrigters vrygestel is, sal dit verbaas as hy nie die derde verandering in die voorry verteenwoordig nie. FNB Tuks sukkel nog in elke wedstryd dié seisoen aan die vaskopkant en Vorster kan die oplossing bied.

Cornell Hess het herstel van sy besering en behoort weer Tiaan Nel se slotmaat te wees. ‘n Feitlik nuwe lostrio behoort teen FNB NMMU diens te doen. Lourens Lombaardt behoort weer die nommer-ses trui te dra, maar Oswin Mentoor en Marius Weber kan hul plekke aan onderskeidelik Tendai Chikukwa en Connie Pieterse afstaan.

Ignick Windvogel, wat weens ‘n besering nie teen teen FNB UJ en die FNB TUT Vikings kon speel, is perdfris en dit lê voor die hand dat hy die skrumskakel teen die Madibas sal wees.

Verdere goeie nuus vir FNB Tuks is dat die vleuel Aaron Denenga ook van sy besering herstel het. Hy behoort die puntemasjien Justin van Staden in die nr. 11-trui te vervang, wat volgens alle aanduidings by Gertjie Smith op heelagter gaan oorneem. Smith het ‘n risiko geword nadat hy teen FNB TUT sy tweede geelkaart in drie wedstryde gekry het.

‘n Verdere verandering kan op die ander punt wees waar Ernie Kruger en Dirk Dippenaar posisies ruil. Kruger skuif terug buite-senter toe met Dippenaar terug op regtervleuel.

FNB Tuks maak hul 23-tal môre bekend.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment