Get Newsletter

'n Bitter smaak vir Swanepoel

Die 16-17 nederlaag Maandag teen Pukke het ‘n baie bitter smaak in Jaco Swanepoel, Shimla-breier, se mond gelaat.

Pukke het op sy tuisveld in ‘n FNB Varsitybeker-wedstryd, aangebied deur Steinhoff Internasionaal, naelskraaps geseëvier ná Shimlas vroeër nog 10-0 voor was.

Wat daardie snaak so bitter vir Swanepoel maak, is hoe maklik hulle kon, en dalk moes, gewen het.

Shimlas het twee geleendhede in die laaste kwart van die wedstryd gehad om die voortou te neem, maar heelagter George Whitehead se visier was elke keer uit. Trouens, hy het vier strafdoele gemis terwyl sy eweknie van Pukke, Theuns Kotzé, foutloos op die aand was.

Swanepoel het juis voor die aanvang van vanjaar se kompetisie die hoop uitgespreek dat skoppe pale hulle nie weer sou kelder soos wat verlede jaar die geval was nie.

Shimlas se Achilles-hiel, wat hulle toe duur te staan gekom het, was die gebrekkige korrelwerk pale toe deur sy stelskoppers. In totaal kon die vier stelskoppers wat in 2009 se reeks pale toe aangelê het, slegs 22 uit 42 pogings pale toe, deur die mikke jaag.

Dit is gelykstaande aan ‘n 52%-slaagsyfer wat benede pyl vir enige stelskopper is.

Hierdie 20 verbroude skoppe was in totaal 47 punte wat verlore gegaan het.

“Ek dink die pil kan later in die reeks nóg bitterder word, veral as die nederlaag (teen die Puk) ons van ‘n halfeind- of selfs tuis-halfeindstryd weerhou,” het Swanepoel gesê aan varsitycup.co.za.

Shimlas het die eerste kwart puik rugby opgedis en die Pukke onder geweldige druk geplaas. Maar die Vrystaters kon nie daardie spelpeil in die tweede helfte herwin nie.

Swanpoel voel dat Shimlas rustyd verder as net 13-10 voor moes gewees het.

“Ek dink ons moes ten minste eerder 20-10 voor gewees het. En dis net as jy die verspotmakilike kanse wat ons verspeel het, byreken. Dit was regtig frustrerend om te sien hoe ons eenvoudig nie ons kanse kon aangryp en die bal deur die pale kry nie,” het hy gesê.

“Dit het gemaak dat die spelers al meer druk begin voel het, want hulle het hard gestoei en nêrens, in terme van punte op die telbord, gekom nie. Ek dink die ouens het later net té hard probeer.”

Hy verwys hier na die aangeewerk wat in die tweede helfte nie goed was nie en balle wat gereeld agter ‘n speler verbygegooi is.

“As ons verder voor kon gewees het sou Pukke baie meer druk in die tweede helfte gevoel het en ons spelers sou weer meer selfvertroue gehad het.

“En dit sou ons stelskopper onder minder druk geplaas het, want die skoppe sou dan nie so deurslaggewend gewees het nie.

“Maar as is verbrande hout en dit help nie ons kyk terug nie. Ons moet êrens uit ons foute leer en hopenlik gebeur dit volgende week (teen Maties in Stellenboach),” het hy gesê.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment