'n Groot dag in Bloemfontein
Pukke het weer die Intervarsity titel ingepalm teen Shimlas, maar daar was ook ander interessante resultate in Bloemfontein op Saterdag.
Daar was altesaam tien wedstryde tussen die spanne van Potch en Bloem gespeel – op eerste- en tweede-span valk, junior en, natuurlik, tussen die koshuis-spanne van albei universiteite.
Maar die groot nuus was toe Puk se eerste-rugbyspan – in die ‘main’ game op Shimlapark – met 21-18 sy sesde agtereenvolgende en 22ste sege in 68 intervarsities oor die Shimlas behaal het.
Die tuisspan het die wedstryd baie sterk begin toe sy blitsige vleuel Jamba Ulengo reeds in die tweede minuut die Puk-doellyn vir die eerste punte van die wedstryd oorsgesteek het.
George Whitehead (losskakel) kon egter nie die drie verdoel nie. Shimlas was in die eeste vyftien minute aan die die stuur van sake. Hulle het die tempo van die spel bepaal en het in die vaste fasette oorheers. Whithead het in die 13de minuut met ‘n strafskop geslaag om die Shimlas gemaklik met 8-0 te laat voorloop.
Die Pukke se eerste punte het in die 16de minuut gekom nadat hul binnesenter, Wouter Watermeyer, op briljant wyse ‘n gaping in Shimlas se verdedidging uitgebuit het. Watermeyer het sonder dat ‘n vinger op hom gelê is agter die Shimla lyn gaan draai. Die drie is deur Theuns Kotzé (heelagter) verdoel.
Watermeyer se drie het lewe in die manne van Potch geblaas en die besoekers het veral by die afbreekpunte die oorhand begin kry. Andries Mahoney skrumskakel van die besoekers, was ‘n doring in die Shimlas se vlees. Hy het baie goeie diens aan sy agterlyn verskaf en hy was dodelik rondom die afbreekpunte.
Kotzé en Whitehead het om die beurt voor rustyd strafdoele deur die pale gejaag om die telling met die omdraaislag met 13-11 in die besoekers se guns te laat.
Die Pukke het in die tweede helfte kookwater-rugby gespeel. Kotzé het binne die eerste vyf minute ‘n drie gedruk, maar kon dit nie verdoel nie.
Shimlas het al sy spel in die tweede helfte ongedaan gemaak. Hy het onnodige bal besit weg geskop en was veral teleurstellend in sy mededinging om die losbal. Die tuisspan se voorspelers het die bal sonder ondersteuning ingeneem net om dit op die grond te verloor. Kotzé het in die 62ste minuut geslaag met ‘n strafdoel pale toe om die telling 21-11 net buite die bereik van Shimlas te plaas.
Die tuisspan het eers in die 70ste minuut weer begin ritme begin kry en hard begin terug veg. Hy het lank op die Pukke doellyn geboer, maar die besoekers het beïndruk met goeie verdediging.
Shimlas het uiteindlik gaan druk nadat hulle verskeie fases aanmekaar gesit het. Die loskopstut Charles Marais het deurgebars. Whitehead het die drie verdoel, maar met net drie minute speeltyd oor was daar nie genoeg tyd vir die Shimlas om daai broodnodige wenpunte aant te teken nie.
Al Saterdag se uitslae in Bloemfontein:
FNB Shimlas 18 FNB NWU Pukke 21
FNB Irawas 10 FNB NWU Ibbies 32
FNB UV ‘Onder-21’ 32 FNB NWU ‘O21’ 24
FNB UV ‘Onder-19’ 40 FNB NWU ‘O19’ 9
Vishuis 22 Heimat 29
JBM 20 Veritas 19
Veritas 15 Patria 10
Heimat 33 Caput 13
Armentum 17 Overs 24
Karee 21 Villagers 15
Deur Tian Malherbe