Get Newsletter

Shimlas breier baie tevrede

Anders as wat die geval ná verlede week se wedstryd teen die Universiteit van Kaapstad was, is die Shimlas breier Jaco Swanepoel vandeesweek baie tevrede met sy span se vertoning teen NMMU.

Shimlas het Maandag op sy tuisveld in Bloemfontein verspot maklik (54-5) met NMMU in ‘n FNB Varsitybeker-wedstryd aangebied deur Steinhoff Internastionaal afgereken.

Die tuisspan het reeds die wedstryd in die eerste helfte verseël met ‘n 32-0 rustyd-voorsprong.

Die bonuspunt-drie was so vroeg as die 27ste minuut reeds in die sakkie danksy ‘n kliniese vertoning deur die Vrystaatse studente.

Afrigter Swanpoel het aan varsitycup.co.za gesê hy is heel gelukkig met sy troepe se spel. “Dit was in geheel ‘n heel aanvaarbare vertoning. Die eerste helfte was goed en ek is veral tevrede met ons verdediging.

“Ons het hard aan hierdie aspek gewerk en Pine Pienaar (Vrystaat se Vodacom-breier) het ook vroeër hand bygesit.”

NMMU moes alles in die stryd werp om sy enkele drie (deur Luso Booi) te behaal. Dit was toe die wenspan in daardie stadium minus ‘n speler was.

Wat Swanepoel en sy afrigtingspan ook breed sou laat glimlag, was die ywer waarmee Shimlas deurgaans verdedig het, selfs toe hulle ver voor op die telbord was.

Swanepoel sê die feit dat Shimlas in die laaste kwart baie los begin speel het, kan toegeskryf word aan die groot voorsproing wat hulle opgebou het.

“Dit gebeur maar dat die ouens te gemaklik raak en so fokus verloor en nie meer by die struktuur hou nie,” het hy gesê.

Hy is verder ook in sy noppies dat hy bykans al sy plaasvervangers speelkans kon gee. Hy het drie laat veranderinge aan die span aangebring wat byvoorbeeld speelkans vir Marlin Ruiterts (skrumskakel) beteken het.

Ruiters (bo, in die foto) het baie skerp gelyk en was op eie houtjie vir die eerste drie (deur Willie Britz) verantwoordelik.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment