Get Newsletter

Shimlas hou No.1 plek dop

Varsitybeker span Shimlas kan vandag reeds tot die eerste posisie op die puntelys van die Stadsbeker-kompetisie skuif. Die studente kom vanaand om 8.30nm op Bobbiespark hier te staan.

Shimlas beklee tans die tweede posisie op die puntelys met 19 ligapunte na vier wedstryde.

Die voorste span in die liga, Oud-Greys, het 22 punte in sy vyf wedstryde tot dusver ingesamel. Slegs ‘n oorwinning oor die konstabels sal Shimlas na die boonste posisie sien skuif.

Shimlas en Oud-Greys pak mekaar op Saterdag, Mei 23 in dié kragmeting wat sal bepaal wie na afloop van die eerste ronde in die boonste posisie sal wees.

Dit blyk egter of Shimlas vanjaar gereed is om weer die Stadsbeker in te palm. Die studente het laas in 2006 die Stadsbeker verower.

Die studente se kaptein, Jaco Colyn, sal weer na skrumskakel vir vandag se kragmeting skuif. Niël Jacobs sal in Colyn se plek op losskakel uitdraf. Die studente se twee slotte, Marnus Briedenhann en Phillip Steyn, sal fyn deur die konstabels dopgehou moet word.

Polisie se senter Jacques Steenekamp en heelagter Theunis Cilliers kan vanaand ‘n klippie in die skoen van Shimlas wees.

Deur Hannes Nienaber

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment