Get Newsletter

Shimlas kies hul beste vir UK

Met die uitsondering van vyf spelers, gaan die beste beskikbare Shimla-span Maandag die Universiteit van Kaapstad (UK) in die openingsronde van die 2010 FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International aandurf.

Jaco Swanepoel, Shimla-breier, het vanjaar die luukse om ‘n paar van die Vrystaat se Vodacombeker-spelers vir die eerste klompie wedstryde in te span. En hieroor is hy ‘n gelukkige man.

“Ja, in hierdie stadium is ek tevrede met die span wat ek kon saamstel. Bygesê, spelers soos Jamba Ulengo, Marcell van der Merwe (SA o.20 oefenkamp), André Schlechter, Wilken Heyns en Johan Wessels (beseer) kon nogal ‘n verskil gemaak het sou hulle beskikbaar gewees het,” het hy aan varsitycup.co.za gesê.

Schlechter (voorry) en Wessels (flank) is saam met George Whitehead (heelagter), PW van Vuuren (haker), Beast Ndwandwa (vleuel) en Pieter Labuschagné (flank) deur Pine Pienaar, afrigter van die Vrystaat Vodacomber-span, aan Swanepoel beskikbaar gestel.

Wayne Stevens (senter) wat verlede jaar die Vrystaat se seëvierende o.21-span aangevoer het, is bo Jaco Colyn as kaptein aangewys. Colyn het die Vrystaatse studente gereeld in die verlede met onderskeiding gelei.

Vyf spelers, die vleuels Divandré Strydom en Rashied Isaacs, losvoorspelers Boom Prinsloo en Hanno Pieterse sowel as die slot Henjo van Niekerk sal teen die UK se Tiere hul buiging in die Shimlatrui maak.

Dié wedstryd, om 14:30 in die Xerox NMMU Stadion in Port Elizabeth, is die openingswedstyd in vanjaar se reeks.

Shimlas het albei vorige twee jare in hierdie reeks teen die Kapenaars vasgeval en sal ‘n derde nederlaag wil vermy.

Die FNB Shimlas span: 15 George Whitehead, 14 Divandré Strydom, 13 Earl Snyman, 12 Wayne Stevens (kaptein), 11 Rashied Isaacs, 10 Reinhardt Erwee, 9 Jaco Colyn, 8 Boom Prinsloo, 7 Willie Britz, 6 Hanno Pieterse, 5 Henjo van Niekerk, 4 Joubert Horn, 3 Vaatjie Koorsen, 2 PW van Vuuren, 1 Charles Marais.
Plaasvervangers: 16 Gert Erasmus, 17 Ian Potgieter, 18 Lebo Zietsman, 19 Pieter Labuschagné, 20 Marlin Ruiters, 21 Beast Ndwandwa, 22 Johan van Schalkwyk, 23 James Hellawell.

Afrigter: Jaco Swanepoel

Datum: Maandag, Februarie 1
Plek: Xerox NMMU Stadion
Afskoptyd: 2.30nm
Skeidsregter: Ben Crouse

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment