Get Newsletter

Swanepoel soek meer antwoorde

Jaco Swanepoel, Shimlas-afrigter, hoop om ná Dinsdag se oefeningswedstryd teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) op Kroonstad meer antwoorde op ‘n klompie vrae te kry.

Shimlas het Saterdag ‘n oefenwedstryd teen Tukkies in Bloemfontein gespeel waar die doel uitsluitlik op wedstrydoefening vir die spelers was.

Swanepoel kon basies sy hele groep spelers speelkans gee om sodoende die koring van die kaf te skei. Hy moet ná Dinsdag se wedstryd op Kroonstad sy groep heelwat sny, maar sê dit gaan nie maklik wees nie.

“Daar is maar heelwat spelers van ewe goeie kwaliteit. Hopelik sal die wedstryd teen UJ vir my ‘n beter aanduiding gee,” het Swanepoel gesê aan varsitycup.co.za.

Volgens Swanepoel was die verblyfste aspek ná Saterdag dat hy vanjaar groter diepte onder sy voorspelers gaan hê.

“Ek was ook gelukkig met ons skrums en verdediging. Die nuwe spelers moet maar net eers gewoond raak ons aan verdedigingspatroon.”

Volgens hom sal dit makliker wees wanneer die groep verklein word om individuele aandag te gee. “Dis maar moeilik met ‘n groot groep, maar ons sal binnekort kan begin fokus op posisies soos die hakers se ingooie in die lynstaan wat teen Tukkies nog so ‘n bietjie gelol het,” het hy gesê.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Edinburgh vs Glasgow | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Boks Office | Episode 31 | Investec Champions Cup Review

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

The Backyard Bunch | The USA's Belmont Shore

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

South Africa v France | HSBC SVNS Cape Town 2024 | Men's Final Match Highlights

Two Sides - Behind the scenes with the British & Irish Lions in South Africa | E01

Write A Comment