Get Newsletter

Vyf veranderinge vir Pukke

Die beseringspook het vandeesweek behoorlik amok onder die NWU se FNB Pukke gesaai en vyf veranderinge moes aan die beginspan aangebring word.

Dit het die aankondiging van hul span vir Maandag se FNB Varsitybeker-wedstryd, aangebied deur Steinhoff Internasionaal, teen Shimlas met ‘n dag vertraag om die beseerdes soveel tyd moontlik te gee om van hul skete te herstel.

Wouter Watermeyer (senter), Jaco Lötter (flank) en Dane Johnson (vleuel) is almal onbeskikbaar om diens teen die Shimlas te verrig.

Hul plekke word onderskeidelik deur Cecil Dumond (wie ewe tuis op losskakel is), Siya Mdaka en SP Marais ingeneem.

Watermeyer is waarskynlik die grootste terugslag want hy was in topvorm voor sy besering.

Mdaka in terug in die posisie (flank) waarin hy teen Tukkies begin het en sy plek op die bank word deur Thabo Molete gevul wie sy plek in die beginspan kwyt is.

Marais se posisie op die plaasvervangerbank word deur Andrew van Wyk, wat teen Ikeys op linkervleuel begin het, ingeneem.

Goeie nuus is dat die opwindende senter Kempie Rautenbach terug van die krukkelys is en hy neem die plek van Wenstley Scott op die plaasvervangerbank in, terwyl Willem Barnard ook sy terugkeer tot die plaasvervangers maak.

Die FNB Pukke span: 15 Theuns Kotzé, 14 SP Marias, 13 Ruan Jacobs, 12 Cecil Dumond, 11 Johannes Seerane, 10 Niell Jacobs, 9 Andries Mahoney, 8 Thabo Mamojele, 7 Siya Mdaka, 6 Savvas Nel, 5 Markus Fourie, 4 Dirco Rautenbach (kaptein), 3 Stephanus Bezuidenhout, 2 Stoffel Duvenage, 1 Dewald Coetzee.
Plaasvervangers: 16 BW van Dyk, 17 BG Uys, 18 Francois Robbertse, 19 Thabo Molete, 20 Willem Barnard, 21 Kempie Rautenbach, 22 Andrew van Wyk, 23 Johan Coetzee.

Hoofafrigter: Rudy Joubert

Datum: Maandag, Februarie 15
Plek: Fanie du Toit Stadion
Afskop: 6.30nm
Skeidsregter: Tiaan Jonker

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment