Get Newsletter

Hangklip wen Classic Clash

Hoërskool Hangklip se eerste rugbyspan het verlede Saterdag die jaarlikse FNB Classic Clash teen die Hoërskool Aliwal-Noord met 28-23 gewen.

In koue en winderige omstandighede is dit Hangklip wat baie goed begin en groot druk op  Aliwal plaas.  Slot Cee-Jay Dempsey word beloon met 'n  drie na goeie dryfwerk deur die voorspelers.  Riaan Pretorius mis die moeilike doelskop teen die wind in, maar slaag hierna met 'n  strafskop. (8-0) Aliwal veg verbete terug en na Hangklip gestraf word, sit hulle drie punte op die telbord met 'n strafskop. (8-3)

Hangklip kry 'n vryskop naby die Aliwal doellyn en voorry Reuben Mattheüs druk in 'n goed beplande beweging.  Flank Janus de Villiers van Aliwal druk 'n  goeie drie wat heelagter O’Ryan Blom verdoel en op 13-10 vir die tuisspan, is die wedstryd wawyd oop.  Met nog 'n Blom strafdoel deur die pale eindig die spanne rustyd op 13 elk.

Die tweede helfte begin goed vir die Klippies wat 'n effense wind voordeel geniet. Met Hangklip sterk op die aanval en Aliwal wat die bal laat spring, is dit weer voorry Reuben Mattheüs wat daar is om die bal toe te val.  Hierdie rooikop het 'n  reuse wedstryd gehad en is hy nie verniet daarna as FNB se speler van die wedstryd aangewys nie.

Beide spanne val goed aan, maar dit is losskakel Riaan Pretorius se geleerde skopvoet wat Aliwal op die agtervoet hou.

Senter Apiwe Dinga van Aliwal gaan druk 'n puik drie vir Aliwal wat die telling weer op 18-18 plaas na die mislukte doelskop.  Pretorius sit nog 'n skop deur die pale na 'n Aliwal geel kaart. Die drie van die wedstryd volg nadat Hangklip die bal vinnig uitbring, 'n lang aangee deur kry na reserwe flank Theo de Koker op die vleuel wat oordruk in die hoek vir Pretorius om skitterend te verdoel.  (28-18)

Aliwal druk egter die laaste drie d.m.v. hul kaptein en slot Vuyo Tam.  Eindtelling 28-23 vir Hangklip.  Hangklip speel môre weer tuis teen Hoërskool Burgersdorp.

Puntemakers:

Vir Hangklip:

Drieë: Cee-Jay Dempsey,  Reuben Mattheüs 2, Theo de Koker

Doelskoppe: Riaan Pretorius

Strafskoppe: Riaan Pretorius 2

Vir Aliwal-Noord:

Drieë: Janus de Villiers, Apiwe Dinga, Vuyo Tam

Doelskoppe: O’Ryan Blom

Strafskoppe: O’Ryan Blom 2

Spanne

Hangklip: 15 Tiaan Smuts, 14 Dale Williams, 13 Chessray Solomon, 12 Juan du Randt, 11 Kululekani Duna, 10 Riaan Pretorius, 9 Darren Williams, 8 Pierre Le Roux (captain), 7 Bruce Burmeister, 6 Andrich Friebe, 5 JP Barnardo, 4 Cee-Jay Dempsey, 3 Johan Kalp, 2 Ruan Burger, 1 Reuben Mattheüs

Plaasvervangers: 16 Franco Voges, 17 Theo de Koker, 18 Dillan Mccaskill, 19 JP Prince, 20 Arno Vlok, 21 Graeme Petersen

Aliwal North: 15 O’Ryan Blom, 14 Azuke Nonjola, 13 Apiwe Dinga, 12 O’Neil Blom, 11 JP Pietersen, 10 Adrian Bornman, 9 Werner de Jongh, 8 Pieter Naudé, 7 Flippie Naudé, 6 Janus de Villiers, 5 Herman Coetzer, 4 Vuyo Jam (captain), 3 Siviwe Conjwa, 2 Zenande Mpalisa, 1 Shannon Jantjies

Plaasvervangers: 16 G Steenkamp, 17 K Tshegare, 18 S Kruger, 19 R Monaledi, 20 H van Zyl , 21 L Mangcipa, 22 I de Bruyn

Al die Rugbyuitslae

1ste: Hangklip wen 28-23

2de: Aliwal-Noord wen 21-17

0/16: Hangklip wen 46-0

0/15: Aliwal-Noord wen 24-10

0/14: Aliwal-Noord wen 24-5

Deur:  Byps Kitching

ADVERTISEMENT

Join free

Argentina v Australia | HSBC SVNS Perth 2025 | Men's Final Match Highlights

New Zealand v Australia | HSBC SVNS Perth 2025 | Women's Final Match Highlights

The Dupont Ploy: How France went from underdogs to Olympic gods | The Report

Former rugby player is truly an NFL superstar | Walk the Talk | Jordan Mailata

Toyota Verblitz vs Saitama Wildknights | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Boks Office | Episode 33 | Dupont's Toulouse Too Good

Gloucester-Hartpury vs Trailfinders Women | PWR 2024/25 | Full Match Replay

Two Sides | Episode One

Write A Comment